Posted on

‘n Rede om met God te praat

Psalms 55:23  Werp jou sorg op die HERE, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.

Spreuke 12:25  Bekommernis in die hart van ‘n mens druk dit neer, maar ‘n vriendelike woord vrolik dit op.
Spreuke 15:13  ‘n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig.

Weet jy dat daar ‘n ander rede ook is, hoekom jy by die Here moet sit en Hom moet vertel van jou hartseer, pyn en bekommernisse? Want daardie goed wat so jou hart neerslagtig maak, het nodig om uit te kom. Dis soos wanneer jy met ‘n vriend praat by die vuur van ‘n braai, ‘n vriendin oor ‘n koppie tee of glas milkshake of by ‘n sielkundige/berader/pastoor. Dis nie net om raad te kry oor jou situasie nie, maar ook om daardie gif wat verdriet/bekommernis/neerslagtigheid vanuit jou binneste te kry.


God weet dat daardie gif jou siek sal maak. Kyk hoe tas bekommernis jou fisiese liggaam aan deur siek te word of jy kan dalk nie eens uit jou bed op staan nie of jy sien nie meer kans vir die lewe nie. Want daardie gif kom nie uit nie, jy bottel dit op. Praat met God oor jou sorge, werp dit op Hom en Hy sal jou onderhou, jou dra. En onthou, as jy nogsteeds voel jy moet met iemand praat nadat jy met God gepraat het (of jy wil jou lewe neem), kry iemand en sê aan hulle hoe jy voel.

As u ‘n berader benodig, kontak ons asseblief dan kan ons u verwys na iemand. Epos orderentries@marleenswart.org vir inligting oor beraders.